Dankie vir Vriende!

Dis eksamentyd en ek dink dis dalk die rede vir my onlangse edgy, frustreerde, moerige bui.  Ek het laas met my matriek-eksamen so gestress oor ‘n eksamen.  Eksamenstress + change of season blues = not good!

Ek het die naweek besluit om weer ’n koffie-kuier saam met my beste vriendin in te pas.  Ek voel nogal soos ‘n nuwe mens.  Sy is nie verniet my beste vriendin al vir 22 jaar nie.

Dis altyd beter om iemand objektief te kry as jy voel die mure keer jou vas wat net weer realiteit terugbring in jou lewe en A is goed daarmee om my weer die lig te laat sien.  Sodra ek biedjie emosioneel raak sal sy my skud om terug aarde toe te kom en DAN! dan is dit Plan Van Aksie-tyd.  Ek is nie tipe wat my gevoelens aan almal openbaar nie, ek hou dit eerder in en wroeg op my eie, maar A glo jy moet PRAAT.  Om als op te krop gaan nie help nie, dinge lyk heelwat anders as jy dit hard-op se.

En dis toe wat ek Saterdag gedoen het … ek het GEPRAAT en sy het geluister. Ek voel STUKKE beter!  Ek ja, dinge lyk baie anders as jy dit hardop se - dit lyk nie meer soos ‘n spoedbult in die middel van ‘n hoofweg nie!

Ek is baie gelukkig om vriende soos A te he.  O en natuurlik, julle wat altyd boodskappe los met raad en ondersteuning!  Ek waardeer dit - om te dink daars mense wat my nie goed genoeg ken nie, maar tyd vat om vir my te laat weet eks nie alleen nie.  THANKS! (())

Nogsteeds edgy en frustreerd…

Ek het vroeg vanmore die koue, trietsige weer aangedurf en my beste vriendin van amper 22 jaar gaan ontmoet vir ‘n kuier.  Ek het dit nodig gehad! Met die edgy, frustrated gemoed wat ek die laaste paar dae ervaar was die kuier die beste medisyne.  Ek voel nog nie 100% nie, maar ek is oppad.

Ek lees op Biegblok van iemand wat skryf dat hulle een oggend wakker geword het en begin wonder hoekom, waarom?  Nogal amper soos ek deesdae voel. En dit laat my biedjie meer normaal voel as ek lees van ander mense wat ook die gevoel ervaar.  Dis nie ‘n lekker gevoel nie, want dis baie onseker en amper soos ‘n depressie mood.  Dis amper of ek nou inventory van my lewe vat en wonder of ek tevrede is met wat ek het en gedoen het.  Alles klop nie altyd nie.  Skielik dink ek anders oor goed as ‘n paar jaar terug.  Ongelukkig is dit nie klein goedjies nie, dis die groot, eintelik forever besluite wat skielik nie meer so aanloklik lyk soos dit voorheen gedoen het nie.

Hoekom vat die lewe jou op sulke snaakse paadjies?  En hoekom kan ‘n mens nie maar net ALTYD tevrede en gelukkig wees met jou lewe nie?  Hoekom moet daar altyd op die mees onmoontlikste tye ‘n spanner in die works gegooi word en ’n mens se hele gemoed kom omkrap?  Ek is seker die mees postiefste mens op hierdie aarde, want ek sien meestal die glas halfvol in plaas van halfleeg, maar as ek die mood beleef wat ek nou het, betwyfel ek my positiewe denke en dade.  En ek voel hulpeloos en nie regtig in beheer van my lewe nie.  Ek HAAT dit om so te voel en die ergste van als is, ek kan nie my gevoelens regtig in woorde omsit nie, ek moet maar tyd vat en daardeur werk - op my manier. En ek moet besef; die lewe is nie altyd maanskyn en rose nie, en mens kan nie altyd met ‘n vingerklap jou sin kry nie.

My vriendin se vandag weer vir my, dink aan jouself en wat jou gelukkig maak, want niemand anders dink aan jou nie, elkeen dink aan hulself.  Maar, dis nie altyd so maklik nie.  Ek is nie alleen in my lewe nie.  Drastiese besluite kan nie gemaak word sonder om ‘n impak op ander mense se lewens te maak nie.  En nou, raak ek weer hartseer, want ek weet hoe seer my besluite kan wees en dis eintelik so onnodig…  Maar, dalk moet ek vir once selfsugtig wees en aan myself dink.  Dalk moet ek oe toeknyp en spring, maar ek gaan aan die anderkant weer my oe moet oopmaak en dan sal ek die gevolge van my besluite in die oe moet kyk…

Die rustigheid het neergedaal…

… vandag by die werk.  Daar het absoluut NIKS aangegaan nie. Meeste mense is met verlof, behalwe kiepie en die irreterendste ou in ons company.

Die ou kla heeldag en aldag hy het nie genoeg tyd in die dag om deur sy werk te kom nie, hy’s die Development Manager.  MAAR die oertel loop die heeldag en gesels en hou almal uit die werk uit.  Hy praat eerstens meestal NONSENS, irreteer my grensloos en praat meer as ek! Ek like nie kompetisies nie!! As ek praat wil ek alleen praat.

Ek wil teen die mure uitklim as ek hom sien na my kantoor toe kom.  Gelukkig skuif die admin-deel van die company na die anderkant van die vloer, so HOPELIK sal hy minder pla.  Ek het al die rude, ongeskikte Adele op myself getrek, maar die outjie is nogal dikvellig.

Ek werk met confidential information, soos salarisse, kontrakte ens, so dis vreeslik steurend om elke keer my screen waarop ek werk te minimize.

En moenie dink ‘n toe deur keer hom nie, O NEE! Ek het al oorweeg om met die MD te praat dat hy die ou aanspreek, want dit irreteer die hel uit my uit.

Enige voorstelle is welkom!!